Download    Download   Download   Inbox    Download 
Job Search Hiring Solutions Shopping Cart Mail Products/ Services
You are here : Forum
  
ICA
 Contractor Links
 Company Links
 Forum
 
  ICA Forum  IN MEMORIUM  In Memorium  SA Contractor murdered in SA
Previous Previous
 
Next Next
New Post 7/14/2008 8:41 AM
User is offline Sandput
Resume Ranking : Unranked
0 posts
Newbie


SA Contractor murdered in SA 
Modified By Sandput  on 7/14/2008 6:46:56 AM)
To our English members: Please pardon the Afrikaans article, we could not find an English article but had inquiries about the truth of the rumor. The security situation in SA is rapidly becoming a threat to all its people; this guy survived Iraq, but was brutally killed and set alight in his own homeland. 2 sakemanne in goed beplande lokval vermoor, meen families Jul 11 2008 07:32:56:297PM - (SA) http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2356201,00.html Marietie Louw-Carstens Polokwane (Pietersburg). – Die families van die twee vermoorde eiendom-sakemanne van dié stad vermoed hulle is in ’n goed beplande lokval gelei voordat hulle vermoor is. Mnr. Jaco van Zyl, ’n swaer van mnr. Ricus van Zyl (42), het aan Beeld gesê dit lyk of sy swaer en mnr. Evré Hoffman (SA kontrakteur in Irak) (41) Dinsdagaand naby Burgersfort in Limpopo in ’n lokval gelei is deur twee mans met wie hulle sake sou doen. Die twee bekende sakemanne van Hoffman Properties is eers van agter in die kop geskiet voordat die bakkie waarin hulle was, aan die brand gesteek is. Albei het verkool. Mev. Lindie Hoffman en mev. Mientjie van Zyl, die mans se vrouens, sê hulle het Dinsdagaand hul mans herhaaldelik op hul selfone gebel omdat hulle bekommerd was toe dit al hoe later word en hulle nie huis toe kom nie. “Na 19:00 was sy foon af. Ek het nie geweet dat hy al dood was al die kere wat ek later die aand gebel het nie,” het ’n hartseer Van Zyl gesê. Lede van die Burgersfort-polisie het ’n nommerplaat van die bakkie, wat aan Van Zyl behoort het, gebruik om die slegte nuus oor te dra. “Ek het eers gedink dat hulle dalk in ’n ongeluk was en dat dit was hoekom die bakkie gebrand het,” het ’n verslae mev. Hoffman gesê. Van Zyl en Hoffman is saam met twee mans na die Burgersfort-gebied vir ’n saketransaksie. Hulle het “ ’n groot bedrag geld” by hulle gehad wat hulle aan ’n hoofman sou betaal om grond te bekom waarop hulle chroom sou ontgin. Die verdagtes het op die agtersitplek van die dubbelkajuitbakkie gesit en Van Zyl en Hoffman, sowat 10 km vanaf Burgersfort, van agter in die kop geskiet. Die moordenaars het toe petrol oor die bakkie gegooi voor dit aan die brand gesteek is. Die polisie het twee verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem. Teen druktyd is hulle nog nie van enige misdaad aangekla nie. Hoffman was ’n recce en het in 1987 as ’n operateur van die weermag se spesmagte gekwalifiseer. Hy was in dié jaar die beste student. Hy het ook die afgelope sewe jaar veiligheidswerk in Irak gedoen voordat hy verlede jaar Hoffman Properties saam met sy skoonma, me. Anne-ke Venter, begin het. “Evré het Angola en Irak oorleef. Toe ek die oproep kry (oor) wat Dinsdagaand gebeur het . . . ek het gedink hy sal op ’n manier tog kan terugkom,” het sy verslae vrou gesê. ’n Roudiens word vandag om 14:00 vir Van Zyl uit die Lede in Christuskerk in Florapark in dié stad gehou. Hoffman se roudiens is Maandagoggend om 10:00 uit die Agape-gemeente in President Krugerstraat in die stad. Albei die mans sal privaat veras word.
 
Previous Previous
 
Next Next
  ICA Forum  IN MEMORIUM  In Memorium  SA Contractor murdered in SA
 Latest Forum Posts
 
Cape man released from Afghan jail
5/17/2012  click here
Re: fair employment agreement?
5/11/2012  click here
fair employment agreement?
5/10/2012  click here
Re: Totalelf Recruitment
5/3/2012  click here
Totalelf Recruitment
5/3/2012  click here
 Job Search
Category   :
Location :
Keywords :
 
 Contractor Search
Area of Expertise
Experience
Availability
Nationality
Keywords

  
ICA